WELKOM BY LPS
Lynnwood Privaatskool (LPS) open sy deure op 1 Januarie 2013 as ‘n onafhanklike Privaatskool vir kleinklasonderrig. LPS bied leerders die unieke geleentheid tot individuele aandag en kwaliteit onderrig in ‘n aangename en ontspanne leeromgewing waar elke kind gekoester en na waarde geag word.



NUUTSTE NUUSBRIEF:
LPS soek n onnie!
LPS soek 'n wiskunde onderwyser om graad 4 tot 7 te onderrig.
Minimum 5 jaar onderrig ervaring.
Kennis en ervaring in CAPS.
Moet onafhanklik in die vakrigting kan funksioneer.
Ervaring van leerders met ADD, ADHD sal tot jou voordeel wees.
Kennis van die Finland onderrigmodel sal n voordeel wees.
Geen buitemuurse aktiwiteite word van jou verwag nie.
Begin Maandag 29 Junie 2020.
Aansoeke sluit Maandag 22 Junie 2020.
Stuur jou CV aan
Kontak Ixanne by 012 365 2151 vir meer inligting.