AANKONDIGING Kontak ons gerus om 'n besoek te bespreek.

Ons Koester Uniekheid

Uitsonderlike kleinklasonderrig in ’n besonderse leeromgewing

Individuele aandag & kwaliteit onderig

Welkom by Lynnwood Privaatskool

Lynnwood Privaatskool (LPS) bied leerders individuele aandag en uitsonderlike onderwys-standaarde in ’n aangename en ontspanne kleinklas leeromgewing. Hier word elke kind gekoester en na waarde geag sodat elke leerder hul volle potensiaal kan bereik.

Ons bied die ideale leeromgewing vir leerders wat groot klasse uitdagend vind!

Ons kinders ONTDEK hul ware identiteit, GROEI in ’n veilige omgewing en BEREIK hulle volle potensiaal.

Die hoof - “Tannie” Gerda

“Emosionele welstand en akademie loop hand-aan-hand!”

Lynnwood Privaatskool volg ‘n holistiese benadering om ons leerders optimaal toe te rus vir die eise en uitdagings van Hoërskool en die moderne wêreld. Ons program is dus so saamgestel dat daar ‘n gesonde balans gehandhaaf word tussen akademie en pret, persoonlike en emosionele ontwikkeling sowel as kulturele, sosiale en fisiese ontwikkeling.

Ons leer lewensvaardighede.

Emosionele intelligensie word ingewerk in die lewensvaardighede. Kinders word ook betrek by die bestuur van die snoepie en help uit by die geleenthede wat ons hou.

Ons is buigsaam.

Ons leer u kind ken. Toetse of assessering word doelbewus aangepas as u kind ’n emosionele oggend beleef.

Ons bou kinders op.

Na laerskool by Lynnwood Privaatskool skakel al ons leerders suksesvol in enige Hoërskool in.

Inskrywings is heeljaar oop!

U hoef nie te wag tot die nuwe skooljaar of kwartaal om u kind in te skryf nie. Inskrywings is enige dag van die jaar welkom.

Kom kuier!

Alle voornemede leerders of belangstellendes word eers uitgenooi om ’n kuier-week by die skool af te lê.

Suksesse

Wat ons ouers sê

Wat Lynnwood Privaatskool leerders bied

  • Kleinklasonderrig (maksimum 12 leerders per klas).
  • ’n Gestruktureerde leeromgewing met ’n huislike gevoel.
  • Herhalende en vereenvoudigde instruksies in die klaskamer.
  • Doelgerigte huiswerkopdragte. Geen oorlading.
  • Rekenaargesteunde onderrig.
  • Handboeke en werkboeke wat deur ons opgestel is.

Het u geweet?

Ons betrek professionele kontrakteurs om spesialis vakke in skooltyd aan te bied.

Ons ouerondersteuningspan is hier om jou vrae te beantwoord. Vra ons enigiets!